Die Heuwels Fantasties - VICTORIABAAI (ft. Coenie de Villiers)

Stream die song nou oral: https://distrokid.com/hyperfollow/dieheuwelsfantasties/victoriabaai-feat-coenie-de-villiers
Hier is ons weergawe van VICTORIABAAI en huldeblyk aan Lucas Maree...gekerfde senuwees almal sien julle in 2022 met Volume II hierdie is die eerste enkelsnit vanaf daai album :-)
Regisseur : Damiane van Reenen
Kameras : Damiane, Johannes Pieter Nel en Ebert
Editing en Post: Damiane van Reenen
Opname: Jurgen by Sunset Studios
Produksie: Fred by The Nothing Club

Lirieke:
kyk hoe sluit die son die hemel oop
kyk hoe wyk die nag voor die dag
kyk hoe word die see in goud gedoop
kyk hoe bloos die strand vol van hoop

gedagtes vat my soos 'n kolk wat draai
deur die heuwels na Victoriabaai
waar die branders in die skuim rond waai
styg my hart tot waar die seemeeu draai

aai aai aai aai aai aai aai
aai ek wens ek was nou daar
aai aai aai aai aai aai aai
op my kliptroon by Victoriabaai

daar kan ek nog soms my siel oop knoop
daar verdwyn die nag en word dit dag
daar kan ek my kop van kommer stroop
op my rots my troon vind ek hoop

aai aai aai aai aai aai aai
aai ek wens ek was nou daar
aai aai aai aai aai aai aai
op my kliptroon by Victoriabaai

op my kliptroon by Victoriabaai
op my kliptroon by Victoriabaai

aai aai aai aai aai aai aai
aai ek wens ek was nou daar
aai aai aai aai aai aai aai
op my kliptroon by Victoriabaai

op my kliptroon by Victoriabaai
op my kliptroon by Victoriabaai

deur: Lucas Maree

Comments

  • ×