Lizandra Winter - Gekraak

Gekraak - geskryf deur Lizandra Winter

Video geskiet Marius van Wyk.

Opgedrae aan almal wat se lewens negatief beïnvloed is deur die Covid-19 pandemie.

Gekraak:

Ek hou my asem op ek hou alles in,
As ek sou uitblaas, sou dit 'n veldbrand begin.
Dis 'n eensame pad as mens die stofroete vat,
maar elke letsel op my lyf, herinner my hart weer om anders te bly kyk.

So gooi jou laaste druppel olie uit,
Soms is die mooiste dele die krake in jou kruik.
Daar is so min wat jou kan sien,
Weerloos en naak.
Maar ons is almal iewers 'n bietjie gekraak.

Wat sou ek sien as ek kon dieper kyk?
Waar jy vandaan kom en hoe jy sonder al jou modes lyk
En dis 'n eensame pad, as mens die stofroete vat
Maar elke letsel op jou lyf, herinner jou hart weer om anders te bly kyk.

So gooi jou laaste druppel olie uit,
Soms is die mooiste dele die krake in jou kruik.
Daar is so min wat jou kan sien,
Weerloos en naak.
Maar ons is almal iewers 'n bietjie gekraak.

Ons is almal gekneus of gebreek of geknak...
Ons is almal iewers 'n bietjie gekraak.

Comments

  • ×