Francois van Coke & Hunter Kennedy | Hartseer Freaks (Official)

'Hartseer Freaks' is vanaf Francois van Coke se 4de vollengte album - 'Kanniedood'. Stream hom hier: https://ffm.to/kanniedood

Direction + Edit: Jaco S. Venter
Camera + VFX + Colour: Heinrich Laubscher

Special thanks to:
Gerrit Engelbrecht, Hein Hough at FujifilmSA, Hano Smallberger, Jan van iPic, Andre ‘Maz’ Avenant, Damiane Van Reenen, Kirsti lyall, Harry Steyn, Zooty, Dirkie Uys en Jean Odendal.

Song Credits:
Francois van Coke: Vocals
Hunter Kennedy: Vocals
Johnny de Ridder: Guitar
Richard Onraet: Bass
Sheldon Yoko: Drums
Produced by Johnny de Ridder
Recorded by Jürgen von Wechmar at Sunset Studios
Mixed by Dane Taylor at Taylor Soundworks
Mastered at Lurssen Mastering
Written by Francois van Coke, Hunter Kennedy and Johnny de Ridder.

Lyrics:
dis nie nodig om vir my te bid nie
ek is benoud
hoe’t ek hier gekom?
my hart is te koud
maar wie gee om?

werklikheid is ’n lokval
daar is iets fout
hoe’t ek hier gekom?
leidrade lei my
in my drome ’n verdagte
my sonde bly daar agter

hierdie is ’n lied vir die muurlelies
dié een is vir empatie
dié een is vir die kantlynsiel
dié een is vir die doodgeskiet

dié een is vir die hartseer freaks
vir die vlak graf
naamloos
nommer op ’n dossier
almal drama
kollektiewe trauma

dis vir die reisigers
vir die heidene
die onbetwyfelde
medeswerwendes
medesterwendes
aandagafleibare
vir die alledaagse neuro-uiteenlopende
met ’n plastieksak-valskerm
staan op die dak
bang ek spring af
bang ek blok myself
ek voel ‘n fok vir myself
en ek dink ek’s dom
hoe’t ek gisteraand by die huis gekom?

in my drome maak dit sin
is dit te laat om te begin?

Comments

  • ×