Francois van Coke | Nie alleen nie (Official)

'Nie alleen nie' is vanaf Francois van Coke se 4de vollengte album - Kanniedood.
Die hele Kanniedood album kan vanaf Vrydag 23 September ooral gestream word!

#ByJägermeister #niealleennie
By Jägermeister initiative

Produced, directed, captured and edited by Johannes Pieter Nel.
Advanced prosthetics by Cosmesis Studio.

Song Credits:
Francois van Coke: Vocals
Jedd Kossew: Guitar
Richard Onraet: Guitar
Fred den Hartog: Synths & Bass
Sheldon Yoko: Drums
Produced by Fred den Hartog
Recorded by Jürgen von Wechmar at Sunset Studios
Mixed by Dane Taylor at Taylor Soundworks
Mastered at Lurssen Mastering
Written by Francois van Coke, Hunter Kennedy and Fred den Hartog.

LYRICS:
enkelsnitte vir die eindtye
hansworse in die dreine
towerlyne bind ons vas
tussen ons lywe

ek sien ons toekoms blink
ek sien ons harte verblind
en die kranse weergalm
Satan en Psalm

my eie akker hemel weg van die gespuis
klein bietjie spasie
klein bietjie bass
klein bietjie aksie
meestal net ek en jy

jy's nie alleen nie
weet dis moeilik om te glo
weet dit voel nogal so
jy's nie alleen nie
dis lank en dis verniet
somerreën en dronkverdriet
daar is baie mense hier
jy's nie alleen nie

ek gaan moet hardloop
om die stilte weer te kry
ons versoen
ons verdeel
ons verveeld
ons digitaal
ons is natuurlik
ons is kaal onder ons klere
ons is vry
ons sal stil leer bly
en so min as moontlik dink
netnou is die song verby

gaan my bes probeer
in beheer speel-speel
en gemoedsrus kry
en my bure vermy
is die beste deel van my lewe verby?
nog bietjie aksie
meestal net ek en jy
en die aarde in ons palms en die siele op die branders

Comments

  • ×