Die Heuwels Fantasties - ek en jy

Ons nuwe enkelsnit is hier : https://distrokid.com/hyperfollow/dieheuwelsfantasties/ek-en-jy

Uiteindelik
Onvermydelik
Dit was duidelik
Reg voor my oë

Uit die bloute uit
Wat is die moontlikheid?
Maar op die regte tyd
Jy sou dit nooit glo

Hoe’t ek jou so misgekyk

Vêr gaan soek
Vêr gery
Vêr daar doer
Niks gekry
En die heletyd als mis gekyk
Want dit was reg voor my

Ek en jy

Jy's die ewenaar
Jy's die sekelmaan
En op hierdie Wentelbaan
In ewewig saam

Want ek wil op hou terugkyk
Ons het almal al seer gekry
Nog altyd hier langs my
Maar Hoe't ek jou so mis gekyk

Geskryf deur : Chad Zerf , Pierre Greeff en Loki Rothman
Regisseur en Kamerman asook redigering : Damiane van Reenen
Met : Jenna Lemmer

Comments

  • ×