Francois van Coke - Waarheid, Weg en Lewe



Ek besit niks nie
Ek het niks om by die geselskap by te dra nie
Ek weet nie
Als is by my gevat
Inspirasie sluip deur die strate in die middel van die dag

Ek soek die waarheid
Maar die waarheid stel nie belang in my nie
Gesê ek sou alles een keer probeer
Maar ek het al ’n honderd keer
Maak my stil
Gooi my uit
Laat my verdwyn
Ek soek die waarheid
Ek soek die weg
Ek soek die lewe

Ek vertrou nie maklik nie
Ek het te veel nuwe leuens gehoor
Ek glo nie maklik nie
Besluit self wat jy wil vat
Ek sal nie weer my laat onderbreek
Of in die rede val nie

Comments

  • ×